Car on Fire

1966 - 1970

Created by Hannes Troskie 14 years ago
Ek onthou goed die dag toe my pa soos gewoonlik Saterdagmiddag na Willem toe gery het om die toe bekende wit Opel Kadett L vir sy weeklikse herstel sessie te neem waar die twee broers aan die kar gewerk het. Die betrokke middag het die twee weer aan die voertuig se enjin gepeuter en baie gesukkel om boute los te kry en weer vas te kry en baie gepraat hoe dom die ontwerp was en dat die ontwerper ‘n pyn moet kry. Ek en Johan toe nog baie klein het onder die druiwe prieel gesit en die skouspel gadegeslaan want ons was nie naby die kar toegelaat nie. Later het die volgende woorde onder die kar se enjinkap uitgekom. “Ek steek sommer die gemors aan die brand.” Ek kan nie onthou wie dit gese het nie, maar een van die broers het dit kwytgeraak. Na vele gesukkel was die enjin weer aanmekaar en kon die proeflopie gedoen word om te kyk of die arbeid suksesvol was. Die lugpyp was nog nie opgekoppel nie en was die reuk van brandstof gasse in die lug. My pa het gegaan om die enjin aan te skakel. Toe die enjin draai het dit meteens ge-backfire en het die lugpyp vlamgevat en van waar ons gesit het het ons net die vlamme uit die enjinruimte gesien opvlam. Nodeloos om te se was die vlamme oombliklik geblus deur die twee broers wat ‘n sug van verligting gegee het. Die volgende oomblik het Tannie Martie uit die huis gekom en hulle goed uitgetrap oor hulle onverantwoordelike optrede en dit voor die kinders.