Desire Troskie 18th February 2010

My oupa was die beste oupa waarvoor 'n kleinkind kon vra, vir beter weet ek kon ons nie vra nie. Hy was altyd gewillig om te help en was 'n ware beeld van God. Ek dink nog baie aan hom, maar is bly hy is waar hy hoort en dat ek hom weer sal dien. Ek mis sy lag en sal altyd onthou hoe hy gelag het en sy woorde "Ag, Ai my kind". Hy het almal anvaar en liefde betoon en gehelp waar hy kon. As ons gaan stap het, het hy altyd die mooi in die natuur gesien. Dit was lang stapies, 7km, maar ek sal dit vir niks veruil nie. Vir 'n beter oupa, man en pa sal daar nie voor kon gevra word nie. Ek sal altyd lief bly vir hom en hom onthou as 'n vreudevole, liefdevole, gelukkige, dankbare Christen. Lief jou oupa. xxxxx