Ansofie Steyn 7th December 2010

'n Jaar verby, kan dit waar wees. Soveel wat ons aan jou herinner, so groot gemis. Wat 'n voorbeeld was jou lewe vir ons, veral die laaste 6 maande. Sterk het jy bly staan ter wille van ons tot op die laaste dag, duidelik geweet waarheen was jy oppad, met sekerheid het jy geweet Hy wag en jy was gereed. Lank sal ons nog na jou verlang!! Dit was net so gou, so skielik maar ons weet dit was die beste vir ons dierbare pa.